Bloukaas & gekaramelliseerde uie pasta sous
(Genoeg vir 2 persone)

Benodig:

  1. Vir witsous:
  2. 125g botter
  3. 125g meel
  4. 500ml melk
  5. ¼ uie gerasper
  6. Bloukaas
  7. Gekaramelliseerde uie (verkrygbaar by Cherry Lane)
  8. Pasta van eie keuse

Metode:
Maak ‘n basiese witsous.  Smelt die botter oor lae hitte en braai die gerasperde uie tot ligbruin in die botter.  Verwyder van die hitte en voeg die meel by.  Wanneer dik pasta vorm plaas terug op plaat en voeg die melk bietjie vir bietjie by tot dit ‘n lekker dik sous vorm.  Krummel die bloukaas en smelt in die witsous – na keuse.

Gebruik die res van die bloukaas en die gekaramelliseerde uie om bo op die sous te skep as garnering.
Koop die pasta tot net gaar.
Heerlik en dekadent.  Bedien met ‘n ligte rooiwyn.

– See more at: http://www.cherrylaneontop.co.za/recipes#sthash.OcA42MNz.dpuf